HENTIES BAY TOURISM

Angling4x4 RoutesWalking TrailsFish FestivalAccommodationActivity Operators

 


Home
Henties Bay
History
Conservation
Tourist Info
Businesses
Real Estate
Links
Contact us
 

Hengelregulasies.....
 

Regulasies in terme van seksie 61(1) van die "Marine Resources Act, (Act No 27 of 2000)", het op 1 Augustus 2001 in werking getree en is gewysig op 7 Desember 2001.

Dit is belangrik dat alle hengelaars op hoogte is met hierdie regulasies en hier volg 'n interpretasie daarvan

 

Back to Angling Regulations

SHARK ANGLING

Rock &Surf Angling

ANGLING REGULATIONS

Angling map

S.A. IMPORT PERMIT

ACTIVITY OPERATORS

INTERPRETASIE HENGELREGULASIES

Regulasie 5 en 7: PERMITTE

Elke persoon wat vir ontspanningsdoeleindes wil hengel, moet oor 'n permit beskik, wat by die kantoor van Seevisserye, Hanganeni Fishing Centre, telefoon +264-64-500320 op Hentiesbaai uitgeneem kan word.

Kantoorure: Maandag tot Vrydag: 08:00 - 15:00
Saterdag, Sondag en openbare vakansiedae 08:00 - 13:00.

'n Permit vir een maand kos N$14.00, maar kan ook vir 'n periode van 'n jaar uitgeneem word teen die bedrag van N$168.00.

Regulasie 6: METODES WAAROP GE-OES MAG WORD

Slegs ‘n hoek en lyn (een visstok per persoon met ‘n maksimum van twee hoeke), ‘n ringnet en duik is toelaatbaar vir die oes van vis, kreef ens.

Regulasie 8: DAAGLIKSE KWOTA

Hierdie regulasie bepaal die daaglikse kwota per hengelaar wat mag bestaan uit die volgende hoeveelheid vis:

Barbers: 30
Snoek: 20
Haai: 1
Kabeljou, steenbras, kolstert en galjoen: 10 gesamentlik

Die volgende groottes word vir kabeljou, steenbras, kolstert en galjoen neergelê:

Kolstert: Minimum grootte van 25 cm;
Galjoen: Minimum grootte van 30 cm;
Kabeljou: Minimum grootte van 40 cm, maar nie meer as 2 visse langer as 70 cm nie (kop en stert ingeluit);
Steenbras: Minimum grootte van 40 cm, maar nie meer as 2 visse langer as 65 cm nie (kop en stert ingesluit).

KREEF:

Die seisoen strek van 1 November tot 30 April en die minimum grootte is 65mm karapaks (rugdop).
'n Persoon met 'n permit mag 'n maksimum van 7 krewe per dag vang en niks meer as 7 krewe per persoon mag op enige stadium vervoer word nie. Krewe moet in 'n heel toestand wees.
Geen kreef mag tussen sononder en sonop gevang word nie.

Items wat sonder 'n permit geoes mag word

a. 1 kg seegras anders as bruin seewier;
b. 50 swart mossels;
c. 2,5 kg droë of 10 kg nat bruin seewier;
d. 15 klipmossels
e. 5 skulpdiere anders as swart mossel, klipmossel, alikreukel of wit mossel;
f. 25 alikreukels;
g. 10 kg seeskulpe; en
h. 25 wit mossels wat NIE deur 'n ring met 'n binnesirkel van 38 mm kan gaan wanneer in 'n heel toestand.

Regulasie 9 - verbode spesies

a. Wurms is verbode.
b. Rooi-aas mag nie van die klippe losgesny word nie - slegs rooi-aas wat uitgespoel het, mag versamel word.

Regulasie 11: VERVOER VAN VIS

Elke hengelaar per voertuig wat oor 'n permit beskik mag drie maal sy daaglikse kwota vis huis toe vervoer, maar nie meer as 10 van elk van die volgende spesies nie: Kabeljou, steenbras. kolstert en galjoen. Al vier hierdie spesies moet in 'n heel toestand wees en steeds kop en stert aanhê ten einde die groottes te kan bepaal.

Dit kom daarop neer dat elke hengelaar in 'n voertuig wat oor 'n permit beskik die volgende hoeveelheid vis in sy besit mag hê, ongeag hoeveel persone per voertuig:

Barber: 90
Snoek: 60
Haai: 3
Kreef: 7, almal in 'n heel toestand.
Kabeljou, steenbras, kolstert en galjoen: 30 gesamentlik, maar nie meer as 10 van een spesie nie en alles in 'n heel toestand.

Van die toegelate 10 kabeljou mag 6 langer wees as 70 cm en van die toegelate 10 steenbras, mag 6 langer wees as 65cm, kop en stert ingesluit.

'n Groot voordeel wat die nuwe bepalings inhou, is die feit dat die hoeveelheid vis nie meer per voertuig beperk word nie, maar dat elke persoon op 'n voertuig sy eie kwota mag hê, mits hy oor 'n permit beskik. Hengelaars moet seker maak dat hulle te alle tye hulle permitte by hulle het en hulleself kan identifiseer.

Picture Palmtree


HENTIES BAY TOURISM ASSOCIATION
P.O. Box 595, Henties Bay, NAMIBIA
e-mail: 
info@hentiesbaytourism.com